Skoolgeld 2027

Eenmalige registrasiefooi van R200 by inskrywing van nuwe maatjies. Die fooi is nie terugbetaalbaar nie, en geen herregistrasiefooi is betaalbaar vir maatjies wat reeds die skool bywoon nie.

Voldag

6:45 – 17:30

R4 250

x 11 maande

Halfdag

6:45 – 13:30

R3 750

x 11 maande

Dagfooi

Per dag

R200

los dae

Babasentrum

Vanaf 4 maande

R4 750 vol dag

R4 500 halfdag, per maand

🐻 R100 afslag per maand vir meer as een kind uit dieselfde gesin.

📅 Spesiale tarief vir 2–3 dae per week — sal met ouers gekommunikeer word.

⚠️ LW: Indien u later as 1 Maart 2027 by ons inskryf, moet Desember se fooi wel betaal word, aangesien ons tot 15 Desember funksioneer.

🍼 Monnies Babasentrum — R4 750 per maand voldag. Halfdag R4 500. Ons verwelkom kleintjies vanaf vier maande in klein groepies met ’n personeel-tot-baba verhouding van 1:3. Elke baba kry sy eie bedjie, eetgerei en beddegoed, en voedingsplanne en etes word spesiaal vir elke baba voorberei.

Betaalvoorwaardes

  • Fooie is maandeliks vooruitbetaalbaar, voor of op die 7de dag van elke maand.
  • Debietorders word, waar moontlik, op die 7de van elke maand verhaal, of op die eerste werksdag wat daarop volg.
  • Betaling kan per elektroniese oorplasing of kontant geskied.
  • Dit bly elke ouer/voog se verantwoordelikheid om 'n kwitansie vir kontantbetalings te verkry.
  • Geen korting word gegee vir afwesigheid weens siekte, vakansies of sluitingstye nie.
  • Indien fooie 3 maande agterstallig is sonder dat reëlings getref is, word die diens opgeskort.
  • Skoolgeld word jaarliks op 1 Januarie verhoog. Verhogings word gedurende Oktober vasgestel en aan alle ouers gekommunikeer.

Bankbesonderhede

Rekeninghouer
J.J. Jansen
Bank & tak
Absa, Brooklyn
Tjekrekening
071 225 2154
Takkode
631-245

Gebruik asseblief u kind se naam en van as verwysing by elektroniese betalings.

Kennisgewing & Onttrekking

  • Skriftelike kennis moet vooraf gegee word om 'n kind uit die skool te onttrek.
  • Die fooi vir die kennismaand is ten volle betaalbaar.
  • Finale kennisgewings vir jaareinde-onttrekking moet voor of op 1 Oktober ingedien word.
  • Geen kennisgewings word gedurende November en Desember aanvaar nie.

Kontak ons oor inskrywings